You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Dis met gemengde gevoelens dat Ingrid Knudsen na jare weer haar grootwordplek, die wildplaas Imbovali, besoek. Sy word sommer weerstandig en opstandig as sy dink dat Weber Roodt, die seun van ‘n veldwagter, wat boonop jare laas op Imbovali was, hom nou wil aanmatig om die plek te koop. Dis tog Knudsen-bloedgrond.
Toe Weber daar opdaag, is hy vergesel van die bedorwe en duidelik baie besitlike Italiaanse skoonheid, Mirella, en haar sjarmante broer, Riccardo. En hulle twee veroorsaak sommer gou heelwat probleme.