Inkommers – Hans du Plessis

R249,00

Hierdie kopie is splinternuut!

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per vendor - just add to cart
SKU: MB253 Categories: , ,
Book Condition: Brand New
Book Cover: Softcover
MimiReads

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Inkommers is ‘n eietydse verhaal, ‘n kroniek van die Afrikaners, die Sommers en die Prinsloos.  Die Afrikaner-familie boer al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel.  Die Sommers was aankommers wat langsamerhand aanvaar is, al was dit nie maklik nie.  Nou bring Bennie Afrikaner sy nuwe liefde, Plakker Prinsloo, om die Kom en sy mense te leer ken.

Is dit moontlik dat net gebore Kommers in die Kom hoort?  Hoe gemaak met inkommers wat tot dusver nie juis welkom was nie?  ‘n Mens moet versigtig wees vir vreemdelinge.  Die Afrikaners is hoeka aan die min word.  Dan is die liefde ook nog aan die uitsterf.  Iemand moet daarop reageer, rebelleer selfs, maar rebelleer die ware rebel vir iets of teen iets?

In hierdie eenvoudige verhaal ontstaan een van die mensdom se boeiendste vrae:  Is almal nie oral maar inkommers sonder enige regte nie?  En is die grond en alles wat dit dra, nie almal se verantwoordelikheid nie?

Vendor Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.