Hoor jy die Engele? – Sheila Walsh, Kathryn Cushman
R40,00
This copy is in good condition. There are visible signs of shelf wear and use, especially on the cover and paper edges and some pages have dog ears. Sturdy.
Hoor jy die Engele? is ‘n Christelike fiksie roman, en dit handel oor temas van geloof, persoonlike uitdagings en die stryd om jou pad deur moeilike tye te vind.
Wanneer Ann Fletcher Charleston toe gaan om haar jonger suster, Sarah, se gradeplegtigheid by te woon, verloop dinge allermins soos beplan. Wat veronderstel was o ‘n vreugdevolle tyd te wees verander in ‘n tragedie wanneer Ann moet toekyk hoe Sarah om haar lewe veg in ‘n ambulans. Op pad hospitaal toe gebeur daar iets vreemds – Sarah praat met iemand wat nie daar is nie en neurie ‘n wysie wat Ann nog nooit gehoor het nie. Hierdie wysie bly Ann by – in die hospitaal se kapel, in haar drome en ook in Sarah se leë huis.
Gelukkig is Sarah se bure daar om Ann te ondersteun. Ethan McKinney is ‘n skrynwerker en hlep haar om die Fletcher-woning op te knap sodat sy dit kan verkoop. Ook buurvrou Tammy en haar seun, Keith, staan haar by. Keith het Downsindroom en glo hy kan engele sien en hoor. Deur hierdie mense se vriendskap en ‘n paar wonderbaarlike gebeurtenisse openbaar God Homself aan Ann. So leer ken sy vir God en ontdek sy wat geloof in Hom is. En uiteindelik ervaar sy die gemoedsrus dat God se engele altyd om ons is.