SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Die betowering van die avontuur was die dryfveer van al daardie manne wat uitgetrek het om rykdom of die groot geluk in die vreemde te gaan soek. Uit die oorvloed van kleurryke figure en ongewone avontuurlike lotgevalle het die bekende jeugboekpryswenner Kurt Lütgen die lewensloop van ‘n paar van hierdie manne nageteken. So vertel hy die verhaal van die Duitse baron Benno von Benthaus, wat nie net die reuse-goudklont gevind het nie, maar boonop een van die winsgewendste silwermyne van die Weste ontsluit het. Hy vertel van die onsuksesvolle Bill Mariotte, wat deur ‘n droom na Nevada gelei is en in wie se berg daar dekades later uraan gevind is. ‘n Paar van hierdie manne was gelukkig, maar die meeste is bitter teleurgestel. Die suksesvolste was egter die manne soos Edward Thompson, wat met wetenskaplike noukeurigheid voorbereidsels vir sy skatsockery getref het. Nogtans wag die goudskat van Oak Island nog steeds op sy vinder en die geheim van die Kokos-eiland is tot vandag toe nog nie opgelos nie. Van Noord-Amerika, oor Mexiko en tot ver in die see word ons gevoer deur hierdie boeiende verhale van fortuinsoekers.
Goud Agter Die Berge is in 1972 bekroon met die Gerstäcker-prys van die stad Brunswyk.
Slytasie aan omslag en verkleuring in sekere areas as gevolg van ouderdom maar in briljante toestand vir die boek se ouderdom.
Vendor Information
- Store Name: Bee's Books
- Vendor: Bee's Books
-
Principle-centred leadership – Stephen Covey
Seller: Bee's Books
R55,00 -
Comfortable With Uncertainty – Pema Chödrön
Seller: Bee's Books
R60,00 -
Little Dorrit – Charles Dickens
Seller: Bee's Books
R40,00 -
Wolwedans in die skemer – Leon van Nierop
Seller: Bee's Books
R99,00 -
8 Weeks To Optimum Health – Andrew Weil
Seller: Bee's Books
R25,00 -
Days that changed the world – Hywell Williams
Seller: Bee's Books
R129,00