Petra van Wyk is sonder rede onvergenoegd, want sy is verloof aan die hubaarste man in Kirkwood. Maar sedert die verlowing is Grant skielik besitlik en jaloers, en sy hou glad nie van sy gedurige verwysings na kinders nie.
Nog voordat Petra kan besluit hoe sy regtig oor Grant voel, val Carlisle een oggend soos Icarus uit die lug op hul plaas. Sy ontek ‘n geesgenoot in Carlisle, want hy kan saam met haar filosofeer oor drome en mites, en hy verstaan haar hunkering na ruimte.
Grant is glad nie beindruk met Carlisle se teenwoordigheid nie, en sy ultimatum aan Petra maak die verwydering tussen hulle net erger. Petra mis vir Grant, maar dis aan Carlisle wat sy dink, dis na hom wat sy verlang. Wanneer Carlisle haar nooi om saam met hom na sy standhuis te gaan, weet Petra dat sy by omdraai verby is.
Maar Carlisle se vlerke neem hom weg … Gaan Petra tevergeefs wag op sy terugkoms?