SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
Description
Ek Droom Van ‘n Droom deur Elsje Neethling Blair en Maretha Maartens is ’n inspirerende en eg-menslike verhaal van oorlewing, hoop en die krag van geloof.
‘n Gewone tiener droom van kêrels, mode en ‘n suksesvolle loopbaan. As jy Elsje is, suster van Olimpiese gouemedalje-wenner Ryk Neethling en swemkampioen en ontwerper Jean-Marié Neethling, droom jy van swem vir Suid-Afrika en Olimpiese medaljes. Jy droom nié van ‘n kanker-groeisel wat sy tentakels so diep in jou brein ingeslaan het dat die neuroloog kopskuddend sê daar is nie hoop nie …
Elsje Neethling Blair is op 13 gediagnoseer met ‘n doodmaak-kanker. In Ek Droom Van ‘n Droom vertel Elsje saam met Maretha Maartens van haar 20 jaar lange saamleef hiermee en haar weiering om toe te laat dat kanker haar ontneem van haar jongmeisiedrome. Dit vertel van opdraandes, maar ook hoop, van terugslae … en nuwe drome.
Bydraes deur pa Ryk, ma San-Marie, boetie Ryk, sussie Jean-Marié en Elsje se man, Bruce, vertel hoe haar stryd ook húlle stryd geword het. Daar is ook agt bladsye met volkleurfoto’s uit Elsje se persoonlike album.
Vendor Information
- Store Name: Ink & Ivory
- Vendor: Ink & Ivory
-
A Woman Of Substance – Barbara Taylor Bradford
Seller: Ink & Ivory
R90,00 -
Heat And Dust – Ruth Prawer Jhabvala
Seller: Ink & Ivory
R70,00 -
One Day – David Nicholls
Seller: Ink & Ivory
R50,00 -
The People vs. Alex Cross – James Patterson
Seller: Ink & Ivory
R60,00 -
Angell Pearl & Little God – Winston Graham
Seller: Ink & Ivory
R80,00 -
Die Shack – William P. Young
Seller: Ink & Ivory
R50,00