SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Julene Meissner, die koel en selfversekerde dokter, is vas van plan om haar besoek aan Turkye te geniet. Dit is nie aldag dat ‘n betaalde werksvakansie in jou skoot val nie. Sy moet ‘n pasient van Switserland na Turkye begelei, maar doen meer as haar mediese plig: sy waarsku haar teen die lewensgevaarlike versnellings in die stroom van die liefde. Wanneer sy self holderstebolder deur ‘n vloedgolf van emosie meegesleur word, besef sy dis maklik om van die wal af raad te gee…
“Ek is nie bang nie,” sê sy later ewe dapper aan Kadri Murad, die man wat hulle in Istanbul ingewa het. Of moet ek wees? Hy vang haar oë vas, daag haar uit: Daar sal nks gebeur wat jy nie self graag wil laat gebeur nie. As sy ontvlug, voel sy die soel aandlug van ‘n Oosterse middernag teen haar gesig. Sy kyk uit op die mistieke nagtoneel voor haar en voel haar hart fladder. Sy is in Istanbul, omring deur ses miljoen mense … en tog voel dit vir haar asof sy haar op ‘n eiland beind … met net sy en Kadri Murad daarop.
As hy na haar toe kom, laat sy toe dat sy arms om haar gaan, dat hy haar vas … vas teen hom aantrek. Want sy het daarvoor gewag, dit is een van die dinge wat sy wil laat gebeur.
Maar is liefde genoeg? Genoeg om die kloof tussen twee vastelande te oorbrug? Hoe kan Moslem en Christen saamleef as die Moslem vier wettige vroue mag he? Dokter Julene Meissner moet ‘n antwoord hierop vind. En wanneer sy dit kry, tref die wete haar hart soos die aardbewing Istanbul tref…
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack
-
Speurder Annika Stel Ondersoek in – Elmarie Botes
R30,00 -
SAICA Student Handbook 2017/2018 volume 2A(2)
R300,00 -
Boots En Brannewyn – Frik du Preez, Chris Schoeman
R50,00 -
The Boss’s Forbidden Secretary – Lee Wilkinson
R15,00 -
Graded Questions On Auditing 2015 – Gowar, Jackson
R300,00 -
SAICA Student Handbook 2017/2018 Volume 2B
R150,00