SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Die Volledige Suid-Afrikaanse Vleiskookboek bevat meer as 200 beproefde resepte wat wissel van bees-, lams-, skaap-, vark-, kalfs-en bokvleisresepte, tot braaivleis, tradisionele en mikrogolfgeregte, oorskietkos, geprosesseerde vleis, afval, soppe, snoephappies, souse, marinades, bedruipmengsels en gegeurde botters.
Die Volledige Suid-Afrikaanse Vleiskookboek is omvattend, prakties en pragtig in volkeur gefilustreer en bied ook waardevolle advies oor die seleksie, rypmaking, bevriesing, lardering, bardering, ontbening en voorsny van rooivleis, asook die geskikste gaarmaakmetodes vir elke vleissnit. Nuttige inligting oor die korrekte gebruik van kruie en speserye in vleisgeregte is ook ingesluit.
Die Volledige Suid-Afrikaanse Vleiskookboek is ‘n moet vir alle fynproewers, studente, vleishandelaars en rooivleiseters wat op soek is na watertandresepte wat wissel van alledaagse disse tot indrukwekkende onthaalgeregte!
Vendor Information
- Store Name: MimiReads
- Vendor: MimiReads
-
Vrydag is ek verlief – Cecilia Steyn
Seller: MimiReads
R129,00 -
I have life – Alison’s journey as told to Marianne Thamm
Seller: MimiReads
R79,00 -
Tippie Write and Wipe – Numbers and Digits
Seller: MimiReads
R75,00 -
Leef met styl in Suid-Afrika – Suzanne Brenner
Seller: MimiReads
R79,00 -
Op Die Man Af – André le Roux
Seller: MimiReads
R39,00 -
Die Meisie Met Uitroeptekens In Haar Oë & Ander Verhale – Jaco Jacobs Et Al
Seller: MimiReads
R169,00