SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
- You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Description
Die Opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis is ‘n roman wat fokus op die skaamtelose manipulasie en misbruik van vroue deur belangrike rolspelers in die kerk.
Liefde is al wat vir die mens oor is. Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig.
Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel … Nou ja. Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.
Vendor Information
- Store Name: MimiReads
- Vendor: MimiReads
-
The complete idiot’s guide to beading, Illustrated
Seller: MimiReads
R99,00 -
Luna Skitterster Word Gered – Petri Troskie
Seller: MimiReads
R139,00 -
Bastian Blom En Die Gillende Geraamte – Jaco Jacobs
Seller: MimiReads
R139,00 -
Sprokie-Perde: Vonkel Die Eenhoring
Seller: MimiReads
R69,00 -
Tippie doen wiskunde – Vlak R Boek 8 – Leer van rand en sent
Seller: MimiReads
R49,00 -
Tjoklits Vir Die Siel – Susan Coetzer
Seller: MimiReads
R49,00