Die Ambassadeur – André P Brink

R40,00

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Acceptable
ISBN:
Book Cover: Hardcover
Bee's Books

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

“Die liefde is ‘n soort verwildering, omdat dit mens blootstel voor die chaos in jou eie hart”: dit is die ervaring van Ambassadeur Paul van Heerden wanneer hy in Parys betrokke raak in ‘n verhouding met ‘n meisietjie van losse sedes” – ‘n verhouding waarin hy algaande alles van hom moet afstroop wat vroeër waardevol was: die aansien van sy amp, die agting van ander mense, sy huwelik, die vertroue van sy dogter, die geloof in sy land, in sy eie onvervangbaarheid en in God. Dit word ‘n stryd om menslike vryheid, ‘n worsteling met die probleem van die sonde, en uiteindelik ‘n keuse tussen hemel en hel.

Die verwikkeldheid en die raaisel van die mens, van die ruimte en van die gebeure, (kry) gestalte in die komposisie van hierdie roman…”

Rob Antonissen in Spitsberaad

…… Ek glo dat Die Ambassadeur, so nie reeds op internasionale peil nie, dan in sy soort een van ons rypste en mees vol- wasse romans geword het.”

W. E. G. Louw in Die Burger

Die Ambassadeur het in 1964 in Engels onder die titel File on a Diplomat verskyn en in 1966 in Duits onder die titel Nicolette und der Botschafter.

Vendor Information