SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Of jy nou vir Bitterfontein, die Blou Bulle of die Bokke speel, rugby bly ‘n spel met baie snaakse situasies, op en van die veld. Daar’s nie nog ‘n sport waaruit soveel stories uit die skrum van die lewe gehaak word nie. Boots en Brannewyn is ‘n lekker ontspanboek wat onder andere vertel van Morrie Zimerman se gatvol raak vir hoekskoppies; Ferdie Bergh se helderblou Springbok-kouse; die ref wat die Bokke teregwys dat ‘die Engelse julle darem nou lekker donner’; ‘n boerbok wat ‘n Villagers-man buite aksie stel; en Bob Skinstad se ‘noodgebed’ voor ‘n wedstryd. Daar is ook heelwat staaltjies oor legendes soos Oom Boy Louw, Dok Craven, Oubaas Mark en Colin Meads, oor breiers en refs en die manewales van die Kiwis, Aussies en die Ses Nasies-manne. ‘n Lekker-lag boek vir rugby-liefhebbers.
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack
-
Battlefield of the Mind – Joyce Meyer
Seller: Mel's book shack
R60,00 -
Hired For The Boss’s Bedroom – Cathy Williams
Seller: Mel's book shack
R15,00 -
Lantern Spain Past & Present, December 1973
Seller: Mel's book shack
R30,00 -
Die Lang Pad Terug – Sanette Strydom
Seller: Mel's book shack
R25,00 -
The Jewels Of Tessa Kent – Judith Krantz
Seller: Mel's book shack
R20,00 -
Sukses Met Bonsai – David Squire
Seller: Mel's book shack
R80,00