Elke Christen het ankers nodig, dit wat on vashou aan God en wat keer dat ons lewensbootjie op die rotse loop.
Die bekende sangeres Nadine Blom ken die donker kant van die lewe. Sy moes self leer dat as dit voel of alles uitmekaarval, slegs jou geloof jou kan deurdra. In hierdie openhartige boek vertel Nadine van valse ankers wat ons in die steek laat, maar sy wys ook op die ankers waaraan elkeen van ons met vertroue kan vashou.
Wanneer Nadine iets aanpak doen sy dit met oorgawe. Vir haar was dit nog altyd belangrik om ‘n verskil te maak, en sy kry dit reg met alles waarmee sy besig is, al verg dit baie harde werk en toewyding.
Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.