Description
Is jy moedeloos omdat jy te min tyd het? Die lewe is veeleisend en oënskynlik belangrike dinge kan al jou aandag opeis. Jy moet egter tyd maak vir dit wat die heel belangrikste is – jou verhouding met God. Wanneer jy by Hom gaan stil word, met ‘n hart wat gewillig is om te leer en te groei, kry jy die krag en vrede wat jy so begeer.











