Description
Die Uitgeworpene deur Beverly Lewis ‘n verhaal oor ‘n lewe van geloof, die soeke na waarheid en ‘n belofte van vrede. In hierdie verhaal ontdek Katie Lapp van ‘n stil Amish-gemeenskap, ‘n satynrokkie in ‘n stowwerige kis. Onmiddelik weet sy dat hier ‘n geheim is wat ontrafel moet word. Die verhaal ontvou wanneer sy uit die geslote gemeenskap verban word en waar sy begin soek na ‘n toekoms met nuwe hoop.
Die eerste boek in die reeks, Die Erfenis van Lancaster-Distrik.
















