Description
Bernadette Knox beland op Botha Beneke se plaas, Weltevrede. Sy het geen heenkome nie en haar verlede verhoed haar om terug te keer na waar sy vandaan kom en daarom vertel sy ‘n leuen om sodoende op Weltevrede te kan aanbly. ’n Nuwe lewe begin op Weltevrede, maar dit kan nie vir ewig duur nie en sy worstel met die vrees wat haar leuens veroorsaak.






















