In Wees die pa wat sy nodig het wys Dr Kevin Leman jou om die taak van vaderskap van dogters afgehandel en goed afgehandel te kry.
Die pa is die eerste man ooit met wie jou dogter ‘n verhouding het… is jy gereed vir daardie uitdaging? Met net ‘n klein bietjie moeite kan jy die tipe verhouding met jou dogter hê waarvan jy droom – ‘n verhouding wat gebou is op wedersydse liefde en respek. Jou dogter het jou nodig om suksesvol te wees. Haar selfbeeld, keuses, gedrag, karakter en selfs haar idees oor ‘n huweliksmaat hou direk verband met jou.