Wat Is Reg? Weet Iemand Dalk? – Adrio König

R30,00

Slightly shelf worn, with slightly stained paper edges and cover. No dog ears. No marks. No notes.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Good
Book Cover: Softcover
My Owl Bookshop

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Daar is onderwerpe waaroor Christene in Suid-Afrika sterk opinies het. So sterk dat hulle warm onder die kraag raak as mense van hulle verskil. Maar as hulle regtig hulle standpunt moet verdedig, het hulle dikwels nie sterk argumente nie omdat hulle nog nie al die kante van die kwessie oordink het nie. Dis dan dat hulle skuil agter die “maklikste” verweer, dié van: “Maar die Bybel sê so…” waarmee hulle hoop om die wind uit die ander party se seilte te haal.

Maar nie almal swig meer voor dié taktiek nie. Mense begin jou deesdae vra: “Waar staan dit? En lees jy dié ‘Bybelse uitspraak’ in sy konteks?” Of selfs: “Kan ‘n mens die Bybel dan nog glo?”

In die lig hiervan bied Wat is reg? Weet iemand dalk? ‘n diens aan denkende mense. Prof Adrio König, bekend vir sy helder, oop en objektiewe denke, bekyk ‘n paar brandende samelewingskwessies vanuit ‘n Christelike perspektief. Hy neem lesers saam in 20 informele gesprekke, waarin hy hulle telkens laat kennis maak met meer kante van elke aktuele kwelvraag as die uitgetrapte argumente wat almal al so goed ken.

Dit sal ‘n misverstand wees om aan te neem dat slegs die voorstelle wat in dié boek gemaak word, “reg” is. Die titel van die boek probeer juis sê ons is nie meer so seker oor alles nie – maar alles is ook nie onseker nie. Al kan ons nie op alle moderne vrae in die Bybel lynregte antwoorde kry nie, bevat dit wel perspektiewe wat ons duidelike lewensrigting gee.

Maar op die ou end is die uitdaging dat ons self verantwoordelik keses moet maak en moet pa staan (of ma staan) vir ons standpunte oor sake soos…

* Sê die Bybel regtig vroue moet tweede kom?
* Is egskeiding of homoseksualiteit of aborsie sonde – en klaar?
* Mag ongetroudes saambly? Almal doen dit tog!
* Hoe maak ‘n mens met bedelaars?
* Is alles ses duisend jaar gelede in 6 dae geskep?
* Is die doodstraf barbaars of onontbeerlik?
* Is Jesus die enigste verlosser?
* Kan ‘n mens die Bybel glo?
* Wat moet ‘n mens dink van die “Nuwe Hervormers”?
* Was my doop as kindjie ooit geldig voor God?
* Is ‘n tweede doop noodwendig verkeerd?
* Alles verander. Moet die kerk regtig ook?

Vendor Information

  • Store Name: My Owl Bookshop
  • Vendor: My Owl Bookshop
  • 5.00 rating from 1 review

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.