You can only add books from one vendor at a time. You will need to place an order from the one vendor first before placing an order with another vendor.
Waar die Suiderkruis hang is ‘n Afrikaanse liefdesroman deur Sarah du Pisanie.
Die oggend toe die klompie ossewaens die lang, gevaarlike pad na Duitwes aanpak, kan die agtienjarige Katrien Kruger terugkyk op ses besondere jaar op die plaas Kommetjie. Toe sy as jong weemeisie by die Liebenburg-gesin begin werk het, het sy nooit kon dink dat oom Stefaans soos ‘n pa vir haar sou word nie, en Danie en Karel soos broers. Maar aan Faan, die middelste Liebenberg-seun, wou Katrien nooit as ‘n broer dink nie. Van hul eerste ontmoeting het hy haar hart gevange gehou. Op die trek het Faan egter net oë vir die blonde Helena Pretorius met haar verfynde afrondingskool-maniertjies. Terwyl hulle ‘n onsekere toekoms in ‘n vreemde land tegemoetgaan, moet Katrien ook klaarheid kry oor waar die liefde vir haar lê.
Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.