Vrolike liedjies is uit en uit ‘n treffer! Volume 1 het soos soetkoek verkoop. Daarom is Vrolike Liedjies Volume 2 nou beskikbaar met nog ou bekendes soos Die blink vosperd, Dis heerlike lente en Solank as die rietjie. Die genot wat hierdie tradisionele liedjies gee, is nie beperk tot ‘n spesiale geleentheid nie. Sing hulle by die huis, op pad êrens heen, by ‘n pienkniek, om die kampvuur of op die verhoog. Hulle skep spangees en bind jonk en oud bymekaar op ‘n baie plesierige noot.
Woord en beeld
Die uitbundinge volkleur illustrasies gee lewe aan elke liedjie. Daarom is hierdie bundel tradisionele volksmusiek perfek om die kleinspan ‘n kykie in die verlede te gee. Volg saam met jou kind die woorde en prentjies terwyl die musiek speel en geniet hierdie trotse voortsetting van ‘n vrolike musiektradisie.
Lekker saamsing-liedjies
Op die meegaande CD word die heerlike deuntjies, speelse ritmes en eenvoudige woorde van hierdie versameling liedjies meesterlike vertolk deur Liezel Marshall, Netanja Brink, Sean Dobson en Theo Bodenstein. Musiekbegeleiding vir al 20 liedjies verskyn ook op die CD – ideaal om konsert mee the hou!
Bladmusiek
Die notasie (bladmusiek) van al die liedjies word afsonderlik ingesluit. Dit bevat die woorde en bladmusiek, asook kitaardrukke, vir al 20 liedjies in hierdie bundel. Vir die kind wat bladmusiek kan lees – en menige kind kan dit met ‘n biedjie kundige aanmoediging uit hierdie boekie leer – gaan nuwe wêrelde oop, want die swart note op die balke begin as’t ware ‘n wonderland van polsende ritmes optower.
Reviews
There are no reviews yet.
Be the first to review “Vrolike Liedjies – Alta Greyson”Cancel Reply
Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.
Reviews
There are no reviews yet.