Voetstoots is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou.’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer.’ n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het.
Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.
Reviews
There are no reviews yet.
Be the first to review “Voetstoots – Annelie Botes”Cancel Reply
Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.
Reviews
There are no reviews yet.