SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Met Tafelversiering Vir Elke Geleentheid in die hand is jy daarvan verseker om jou tafel keer op keer keurig te dek.
Vind sprankelwenke vir die dek van 26 verskillende tafels – van ‘n teddiebeerpartytjie vir kleuters, ‘n tradisionele Kersete, ‘n herfs feestafel, en ‘n knus kaggelete tot ‘n Indiese ete, ‘n vrolik gedekte sonneblomtafel, ‘n prettige vonkelwynontbyt en ‘n feestelike tafel in goud en wit. Tafelversiering vir elke geleentheid bevat inligting oor breekware en eetgerei, hoe om jou eie tafeldoeke en plekmatjies te maak, die vou van servette en hoe om dit interessant voor te sit, aanwysings vir die verf van glase, breekware en materiaal, en die maak van gipsornamente en ander versierings, spyskaarte, naamkaartjies en uitnodiging. Met hope idees om ‘n spesifieke eetstel op ‘n hele paar uiteenlopende maniere te gebruik. Volledige stap vir stap aanwysings wys hoe oom besondere bykomstighede soos ongewone blommerangskikkgs, tafellopers, stoeloortreksels, ‘n Adventkrans, gestensilde servette, boompies in terracotta-houers en ‘n ysslaaibak te maak.
Tafelversiering vir elke geleentheid bevat nie net inligting oor die maak van artikels nie. Met vars idees om met maklik bekombare – én bekostigbare – bykomstighede spesiale tafels te dek, kan jy sonder uitsondering jou gaste se asem wegslaan.
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop
-
Die Doktersboek van Tuismedisyne – Debora Tkac
Seller: My Owl Bookshop
R100,00 -
Way of the Peaceful Warrior – Dan Millman
Seller: My Owl Bookshop
R30,00 -
Die Wierook Van Ons Gebede – Jannie du Preez
Seller: My Owl Bookshop
R15,00 -
Shame the Devil – Alan J. Leavitt
Seller: My Owl Bookshop
R15,00 -
12 Rules For Life – Jordan B Peterson
Seller: My Owl Bookshop
R150,00 -
Mans En Hulle Maskers – Stephen Arterburn
Seller: My Owl Bookshop
R40,00