SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Struben se goue vallei – John Coetzee
R50,00
A good-looking book for its age. Pages have started to yellow, but are clean with no dog ears. Some signs of shelf wear. Price written in pencil on a non-essential page.
1 in stock
- Free buyer protection
- Affordable shipping via Pudo
- Bundling per vendor - just add to cart
Description
Baie van John Coetzee se verhale, soos Struben se goue vallei, het te doen met die ontdekking van goud.
Simon kan dit nie glo dat sy ma sowaar ingestem het dat hy saam met oom Jim spoelgoud kan gaan soek nie. Sy pa sou jy gesê het, was haar antwoord. En oom Jim het saam met sy pa by Majuba geveg. Maar Simon ontdek dat goudsoek nie ‘n grap is nie, en dat die lewe so hard soos gouddraende rots kan wees.
En ou Nic Burgress se klofie spoel hulle byna weg to die rivier onverwags afkom en al hulle toerusting meesleur. En op Pilgrim’s Rest begin daar vir Simon ‘n nagmerrie toe oom Jim deur die veldkornet in hegtenis geneem word en hy met ‘n beskonke Wallaby Sam op die skotskar moet aansukkel na “Struben’s wonderful reef”, waarvan die knipsel uit die Natal Mercury van 6 Junie 1885 gepraat het. Heelpad maal die vrae deur Simon se kop: Wat het oom Jim gedoen dat hulle hulle al so lank soek? Van watter suld het Wallaby Sam gepraat? Wie was Joachim Gouws? En wat het werklik daardie dag op Majuba gebeur toe sy pa gesneuwel het?
In Struben se goue vallei vind hulle eers net tonne ruwe skalie en akasiabosse. Maar toe Simon die luiperd op die plaas Suikerboskloof skiet en daarmee Nita se broer van ‘n gewisse dood red, is dit vir hom die begin van ‘n vrienskap wat nog veel meer werd is as die goud wat hulle in die banketrif raakloop.
Struben se goue vallei is ‘n boeiende jeug-avontuurverhaal uit ‘n pionierstydperd. Dis ook die verhaal van ‘n seun wat homself moet vind en wat ontdek dat die bande wat mense aan mekaar bind, sterker kan wees s die strewe na rykdom.
Vendor Information
- Store Name: My Owl Bookshop
- Vendor: My Owl Bookshop