Die vehale en vertellings in In Stoffel In Die Wildernis deur Christiaan Bakkes gee die leser in sober taal en met fyn ironie ‘n kykie in die lewe van ‘n veldwagter in wildernisgebiede soos die Kaokoveld en Caprivi: ‘n harde lewe, een van eensaamheid en afsondering, maar ook een waarin die betowering van Afrika ‘n houvas op die mens kan kry, en, in party gevalle, ‘n betowering wat ook kan vernietig.