Beth is fanaties oor Bruce Springsteen, en om ‘n konsert van hom by te woon is sy bereid om, ondanks haar vrese, alleen Noorweë toe te vlieg. Gelukkig stem Etienne in om tydens die reis ‘n ogie oor haar te hou. Maar ‘n “ogie” is ‘n verraderlike ding, want teen albei van hulle se sin ontaard dit in vlinders in die maag, ‘n versnelde harttempo en aardskuddende soene. Hy woon ook Springsteen se konsert saam met Beth by, en hou waaragtig daarvan! Wanneer Etienne finaal besef Beth is sy oënskynlik onbereikbare trouvrou, moet hy sy vooroordele in die asblik gooi, die bul by die horings pak en haar swak plek blatant uitbuit…