SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
Roep Van Die Naguil – Ena Murray
R15,00
In good condition for a used book. The former owner’s name or other minor markings might be on a non-essential page. Cover might be slightly worn.
1 in stock
- Free buyer protection
- Affordable shipping from R69
- Bundling per vendor - just add to cart
Description
Die balsaal van die kasteel is gevul met musiek en die belangrikste inwoners aan die Kaap van Goeie Hoop. Skielik stan hy daar, met ‘n bree glimlag op sy gesig, die gemarkerde dief wat al geruime tyd aan hierdie halfwegstasie tussen Wes en Oos ‘n skrikbewind voer. Selfs Sy Eksellensie, die Goewerneur, is magteloos om te verhoed dat sy belangrike gaste oop en bloot van hul kosbare juwele beroof word, en die buit dan nog weggedra word in Graaf Levaux se broek.
Die dief wat deur inwoners van die Kaap Naguil genoem word, beledig ook die mooiste dame aan die Kaap, Marlaine Fouche, wat hierheen gevlug het om haar oom weg te kry uit Frankryk en die slegte geselskap waarin hy daar verval het, nadat hy al sy eie en so te se al haar erfgeld uitgedobbel het.
Ongelukkig herberg die Kaap van Goeie Hoop nie net van die room van die vasteland nie, maar ook baie skuim van oorsee het hier teen sy wit strande kom uitspoel. Marlaine moes vind dat daar selfs aan hierdie verre Suidpunt ook mense is wat haar oom verlei en sodoende ook vir haar, al dieper die afgrond insleep.
Daar is veral een man wat sy grootliks verantwoordelik hou hiervoor … Sar le Sueur. Sy konfronteer hom … en kom die slegste daarvan af. Dan word sy voor die keuse gestel. Of sy betaal haar oom se dobbelskuld aan hom, of sy delg die skuld deur met hom te trou.
Sy is noodgedwonge verplig om haar na Graaf Levaux te wend … ‘n man wat sy weet haar begeer maar in wie sy ‘n instinktiewe weersin het.
Sy word die speelbal tussen twee mans se drifte en hartstogte. Maar meer nog … sy bevind haar skielik te midde van intrige … die intrige wat die Naguil omgeef. Daar is beslis ‘n verband tussen Graag Levaux, Sar le Sueur en die Naguil, die dief aan die Kaap. Op ‘n dag moet sy uitvind dat sy as ‘n medepligtige van die Naguil beskou word … en sy doen ‘n skokkende ontdekking …
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack
-

San Francisco Travel Guide Spectacular Four Page Centerfold
Vendor: Mel's book shack
R30,00 -

Aan My Vader Se Voete – Stephan Joubert
Vendor: Mel's book shack
R20,00 -

Moderne Basiese Wiskunde St. 2 – Malan Et Al
Vendor: Mel's book shack
R15,00 -

Like Water for Chocolate – Laura Esquivel
Vendor: Mel's book shack
R60,00








