Skinderpraatjies en ‘n gebroke verhouding laat Lori besluit om uit haar pos as lektrise te bedank en sy neem haar toevlug na haar tante se kwekery, Lorani. Daar, glo sy, kan sy vergeet van die beskuldigings en die sjarmante Hanre wat haar so maklik opsy geskuif het.
Maar ten spyte van Lori se voorneme om nooit weer ‘n aantreklike man te vertrou nie, kan sy die aantrekkingskrag tussen haar en die tydelike bestuurder nie ontken nie. Sy probeer Otto vermy, probeer haarself wysmaak dat sy onverskillig teenoor hom staan, maar toe sy eertydse verloofde onverwags opdaag, weet sy dat sy klaar haar hart verloor het.
Waarom anders is dit vir haar so belangrik dat Otto in haar onskuld glo toe dwelms in haar blyplek ontdek word, en waarom vlug sy weer, Gansbaai toe, sodat sy hom en Marelise nie saam hoef te sien nie? Is liefde haar dan nie beskore nie?