You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Saskia de la Rey is in vervoering omdat haar geliefde, Tertius, uiteindelik terug is van Irak af. Hul herontmoeting verloop egter glad nie soos wat sy verwag het nie. Boonop word sy deur ‘n aantreklike vreemdeling dopgehou wat haar later na haar blyplek volg – in ‘n Maserati nogal.
Soos in die verlede neem sy haar Internet-kletsmaat, Konrad, in haar vertroue. Hy het haar al dikwels gehelp met inligting vir die kinder- en jeugboeke wat sy skryf.
Toe sy en Konrad mekaar uiteindelik ontmoet, kry Saskia die een skok en verrassing op die ander …