In Omvattende Vrouegesondheidsgids bespreek dr. Linda Friedland gesondheidsake wat elke fase van ‘n vrou se lewe raak, eenvoudig en verstaanbaar. Sy fokus op onderwerpe soos:
verskillende lewensfases
hormonale gesondheid – voorbehoedkeuses, swangeskap, menopuse en HVT
die belangrikste gesondheidsgevare – hartsiektes, kanker, depressie en diabetes
algemene mediese toestande – allergiee, nierprobleme, oorgewig en skildklierprobleme
teenverouderingstrategiee
plastiese chirurgie
gereelde ondersoeke en prosedures
vrae aan jou dokter
Omvattende vrouegesondheidsgids is bowenal ‘n boek oor die voorkoming van siektes en hoe om ingeligte lewenstylkeuses te maak wat jou blakend gesond, vol lewenskrag en jonk sal hou.