Met soveel verwarring oor die man se rol in ons hedendaagse samelewing is dit geen wonder nie dat so baie ouers en onderwysers met hulle hande in die hare sit as dit by die grootmaak van seuns kom. Ons kultuur het manlikheid van sy eer beroof en seuns moet nou die gevolge daarvan dra. Ouers, onderwysers en ander mense betrokke by die vorming van seuns se karakter het baie vrae:
Is seuns fundamenteel regtig anders as meisies? Indien wel, hoe?
Watter rol speel kompetisie in ‘n seun se ontwikkeling?
Wat is ‘n pa se unieke bydrae in die grootmaak van ‘n seun? Wat van die ma se rol?
Watter bydrae kan grootouers lewer in die grootmaak van ‘n gesonde kleinseun?
Watter invloed het ons gejaagde lewenstyl op seuns?
Wat is die beste manier om seuns op te voed?
Watter spesiale raad is beskikbaar vir enkelouers van seuns?
Watter invloed het egskeiding op seuns?
Wat veroorsaak homoseksualiteit? Kan dit voorkom word?
Wat moet ons doen om die volgende generasie mans te vorm?
Elke persoon wat betrokke is by die uitdaging om seuns te verander in goeie mans moet hierdie boek lees.