You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar sy bene is maar dun en hy vaar nie te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hulle skool maak.
Max is groot en sterk, hy lééf vir rugby en hy is ‘n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit Max het ‘n nare geheim…
Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler ‘n monster is?