SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
Description
Hierdie biografie van Marius Weyers deur sy vriend en mede-akteur Chris Vorster is ‘n nodige blik op die omvangryke loopbaan van ‘n Afrikaanse teaterlegende en ikoon. Hy is in 2021 vereer deur die SA Akademie vir sy uitsonderlike bydrae tot rolprent en TV-kuns. Daarna het hy aangekondig dat hy aftree ná 55 jaar in die bedryf en klaar is met toneelspel.
Marius Weyers is waarskynlik een van die bekendste en gerespekteerde name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy het homself as ʼn akteur sonder gelyke gevestig; plaaslik én internasionaal. Sy veelsydigheid word weerspieël in die meer as 180 verskillende karakters wat hy vertolk het en in die meer as 50 rolprente en televisiereekse waarin hy sedert 1964 gespeel het. Die biografie bevat heelwat foto’s en is gevul met anekdotes, humor en aanhalings wat inligting en insig gee in hierdie kunstenaar se denke en die uitdagings wat hy by tye moes oorkom.
Ook vertel dit die mooi liefdesverhaal tussen Marius en sy vrou, Evette (die bekende beeldhouer).
Weyers is voorheen deur ander skrywers gevra of hy belangstel in ‘n biografie en het telkens geweier omdat hy so privaat is. Hy het ook gesê dat dit voorheen nie die regte tyd was nie. Hy voel die tyd is egter nóú reg.
Vendor Information
- Store Name: BookDaddy
- Vendor: BookDaddy
- No ratings found yet!
-
Littekens: Stories en Memories – Margaret Bakkes
Vendor: BookDaddy
R35,00 -
Dancing with the Devil – Christopher Wilson
Vendor: BookDaddy
R59,00 -
Charlie En Die Groot Glashyser — Roald Dahl
Vendor: BookDaddy
R65,00 -
Demon Box – Ken Kesey
Vendor: BookDaddy
R35,00 -
Va-Va-Voodoo! Find Love, Make Love and Keep Love – Kathleen Charlotte
Vendor: BookDaddy
R79,00 -
Rose — Ludwig Taschner
Vendor: BookDaddy
R48,00