SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, ‘n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het… Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.
Vendor Information
- Store Name: LekkerLees
- Vendor: LekkerLees
-
Slipstream – Elizabeth Jane Howard
Seller: LekkerLees
R40,00 -
Gryp die dag – Joyce Meyer
Seller: LekkerLees
R35,00 -
Tebatso Gaan See Toe – Maya Fowler
Seller: LekkerLees
R45,00 -
Lintborduur en Stumpwerk – Di van Niekerk
Seller: LekkerLees
R35,00 -
Teen haar beterwete – Marile Cloete
Seller: LekkerLees
R28,00