Alexa se verydelde drome le jare in die verlede, maar ‘n groot hartseer het in haar bly steek. Dis waar, sy dink nie elke dag daaraan nie en sy is nie verbitterd nie.
Sy kan dit hanteer, mits sy haar nie blootstel nie. Nie blootstel aan liefdesverhoudings of … of ma’s met skattige babatjies of oulike kleutertjies nie. Dis wanneer die pyn in haar hart tot stilstand ruk.
En daarom moet die gawe, aantreklike nuwe myningenieur wat haar kothuis huur, ‘n vreemdeling bly …