SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Die dag toe prokureur Ernst de Waal met sy vrolike, jonge gelaat, vir Annelie vertel het van haar vervreemde oupa se wens, was dit vir haar soos ‘n bestiering.
Hier het sy besluit, is haar kans om te vergeet van Bernard en sy ontrou. hier is haar kans om die lewe te gaan lei waarna sy al die jare nog gesmag het.
Geld was geen probleem nie. Na Annelie Joubert se pa se dood was sy en haar ma, Susan. wat die redaktrise van ‘n vrouetydskrif in Kaapstad is, goed nagelaat. As dit nie was vir die diep seer in Annelie se hart, wat veroorsaak is deur haar gewese verloofde, Bernard du Preez nie, sou sy die opgeruimdheid self kon wees. Ver in haar agterkop het een ander saak ook gepla – die verwydering tussen haar ma en haar oupa, Casper van Vuuren. ‘n Verwydering wat wat al vyf en twintig jaar duur, trouens, wat begin het die oomblik toe haar ma getroud is.
Prokureur de Waal se mededeling dat hierdie einste skatryk oupa van haar nou met haar in aanraking wil kom, was dus ‘n verrassing en ‘n bestiering. Maar die voorwaarde, het die prokureur gese, is dit: Annelie moet ‘n jaar lank op die hoewe, Sonhoek, net buite Heiderus gaan woon en haar lewe uit die stukkie grond maak. Kry sy dit reg, wag die erflating op haar. Sien sy nie kans daarvoor nie, is dit neusie verby.
Op Sonhoek, het sy gehoor, is ‘n leegleer wat haar oupa sommer net daar toelaat, oom Hein, wat darem so hier en daar bietjie sal help. Daarop was sy voorberei. Maar op wat sy gekry het, nie…
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack