SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
- You cannot purchase products from this vendor as they are on holiday until 8 April 2025.
Description
Dekorwinkels is vandag gepak met moderne kuns en geblokte kunswerk wat letterlik deur enigeen geskilder kan word wat ‘n basiese idee van kleur en ‘n bietjie deursettingsvermoe het. Hierdie opwindende nuwe titel deur die skrywers van veelsydige lapverf bied jou bekostigbare en kreatiewe idees om jou aan hierdie gewilde kunsvorm oor te gee. Die klem is op tekstuur, lyn en kleur as die skrywers bladsy na bladsy hul idees en inspirasie met jou deel.
Met oorskietverf wat jy drup, dribbel, blerts, smeer, sleep of spat op enige denkbare oppervlak, van ‘n ou deur of ‘n geroeste hek, tot klampleers, veselbordblokke, ‘n spieel of ‘n vergete magneetbord, kan jy jou hele huis opkikker met maklike, treffende kunswerke. Voeg tekstuur by met sement, oksiede, gompasta, sand, metaalvysels of kraakvuller en jy het drie-dimensionele items wat op verskeie maniere aangewend en uitgestal kan word. Die meer tradisionele olie- en akrielskilderwerk kry ook aandag, met die skrywers se eie besonderse benadering tot verf-volgens-nommers en kuns op plastiek.
Benewens duidelike stap-vir-stap aanwysings en foto’s en pragfoto’s van elke voltooide kunswerk, is daar nuttige patroneen ontwerpe wat jy kan gebruik op jou pad na roem. Die titel oorbrug die gaping tussen kuns en handwerk met maklike handwerktegnieke wat enigeen kan gebruik vir treffende skilderye. Jy kan dit ook doen – jy moet net weet hoe!
Vendor Information
- Store Name: Mel's book shack
- Vendor: Mel's book shack
-
This Year It Will Be Different – Maeve Binchy
R40,00 -
Liefde vir Elanie – Elize Davies
R10,00 -
The Tuscan Year: Life And Food in an Italian Valley – Elizabeth Romer
R40,00 -
The management of sport – Bonnie L. Parkhouse
R250,00 -
Navigating Information Literacy – Bothma et al.
R150,00 -
His Mistress For A Million – Trish Morey
R15,00