SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Keegan & Samier: Die nuwe vriend deur André Trantraal is die vierde boek in die reeks.
Die avonture van Keegan, Samier en Samia gaan voort! Daar is ‘n nuwe meisie in die skool en Keegan hou baie van haar. Samier en Samia is egter glad nie beïndruk dat Alysha beter as Samia in alles is nie, en Keegan sukkel om die vrede te behou.
André Trantraal is ’n skrywer, illustreerder en vertaler. Hy is die skrywer van die strokiesprentboeke Stormkaap en Coloureds sowel as die bekroonde Keegan en Samier kinderboekreeks. Sy strokiesprent-werk, geskryf in beide Kaaps en Engels, het in Beeld, Die Burger, Rapport, Cape Argus, Cape Times verskyn en was in Hamburg, Amsterdam en Kaapstad uitgestal. Sy Kaapse Afrikaanse vertaling van die veel bekroonde middelgraadse roman Ghost, geskryf deur Jason Reynolds, word benoem vir ’n UJ-prys en sy vertalings van die Kaapse gedigte van sy broer, Nathan Trantraal, verskyn in die New England Review. Hy is ’n pionier in die bevordering van geskrewe Kaaps.
Vendor Information
- Store Name: MimiReads
- Vendor: MimiReads
-
Magriet en Billie – Melanie Tait
Seller: MimiReads
R45,00 -
Tippie Does Maths – Level 2, Book 10 – Learning While Travelling The World
Seller: MimiReads
R59,00 -
Lappiesgoed – Joan Kruger
Seller: MimiReads
R59,00 -
Minki en haar maats: Pannekoek! – Jaco Jacobs
Seller: MimiReads
R99,00 -
Lokval – Bettina Wyngaard
Seller: MimiReads
R199,00 -
Leef met styl in Suid-Afrika – Suzanne Brenner
Seller: MimiReads
R79,00