Jonkmanskas – Koos Prinsloo

R58,00

Toestand : Goed.
Tweede druk, Tafelberg, 1992, Sagteband – Kortverhale – 87pp. ISBN 9780624018421.

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo from R69
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Good
ISBN: 9780624018421
Book Cover: Softcover
Share with friends:

Description

Jonkmanskas van Koos Prinsloo is ‘n bundel verhale wat baie aandag getrek het.

“Die naam Koos Prinsloo was en is gekoppel aan omstredenheid. Koos Prinsloo was ‘n tydgenoot in die onrustige tagtiger- en negentigerjare toe almal aan almal se kele was. Nie alleen was dit die tyd van apartheid, noodtoestande, seksuele ontdekkings nie, maar dit was eweneens ‘n tyd van polarisasie.

In hierdie tyd was daar die figuur Koos Prinsloo, wat met sy debuut Jonkmanskas (1982) opslae gemaak het. Oor die gedurfde verhale, die vermenging van feit en fiksie. Die kritiek op die patriargie.

By Koos Prinsloo was daar woede, vreesloosheid, gedurfdheid, ‘n soort ‘dirty realism’ en die verhale het al hoe feller en meedoënloos geraak. Met Die hemel help ons (1987), Slagplaas (1992) en Weifeling (1993) was Prinsloo gevestig as kultusfiguur. Met vele omstrede gebeure:
Die Rapport-prys is hom ontneem omdat hy, by monde van ‘n karakter, P.W. Botha as ‘n meidenaaier uitgeskel het – hierteen het hy geappelleer en wel uiteindelik die prys ontvang;
Johannes Kerkorrel het homself herken en letterlik in ‘n verhaal ingeslaan;
‘n Literator, Tom Gouws, het vir weke se vermaak gesorg toe hy ‘n foto in ‘n Prinsloo-teks verkeerd kodeer het.
Koos Prinsloo is en bly ‘n gedurfde skrywer, ‘n knap stilis wat die leuens van sy samelewing met ‘n rapier aan flarde kon sny.”
– Joan Hambidge

Vendor Information