In Hillbrow is nie vir sissies nie deur Elise Bosch vertel ‘n predikantsvrou van haar werk onder die uitgeworpenes van die samelewing: die werlose, die hawelose, die prostitute, die drank- en dwelmslawe en die straatkinders van Hilbrow, die vervalle middestadbuurt wat eers die eksotiese, polsende hart van die Goudstad was.