Die Werfbobbejaan – Alexander Strachan

R49,00

Toestand : Baie Goed.
Eerste uitgawe, Tafelberg, 1994, Hardeband – Roman – 267pp. ISBN 9780624032908.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Very Good
ISBN: 9780624032908
Book Cover: Hardcover
Share with friends:

Description

Die Werfbobbejaan is gelaai met ‘n gevoel van onheil en onafwendbaarheid, ‘n roman waarbinne die erotiese en mistieke fassinerend gestalte kry; en verweef hiermee, die magiese van die Afrika-mite.

Dit was asof die bobbejaan haar verwag het. Hy het sonder waarskuwing na haar gespring, die tande ontbloot, die woede vlak in sy smal oë …

In die maande hierna, by die afgesonderde Zululandse hotel, sou sy altyd bewus wees van die donker oë wat elke beweging van haar dophou, die geroggel wanneer die ketting hom terugpluk en wurg, sy rusteloosheid in die nag.
Ook die geil landskap met sy klam hitte, gedempte tromslae en groot spinnekoppe wat geruisloos uit die bome neerdaal, was vir haar vreemd, selfs vyandig. En geheimsinnig die legendes wat onder die werkers leef, hulle draaie laat stap rondom imfene, die bobbejaan – ryding van uMthakathi, die bose towenaar wat in die nag loop.

Vendor Information