SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | TESTIMONIALS | HOW TO BUY | HOW TO SELL
Description
Die Staat vs Oscar deur Marida Fitzpatrick gaan oor die storie van die dekade: Oscar Pistorius se moordverhoor.
Dis ‘n liefdesverhaal wat ‘n misdaadriller geword het, ‘n sprokie wat in bloed geeindig het. Dit het die land geruk, die wêreld geboei en sal in die geskiedenis bekendstaan as die opspraakwekkendste hofsaak tot nog toe in Suid-Afrika.
En dís hoe Marida Fitzpatrick die verhaal vertel. Sy weef die skrikwekkende gebeure van daardie noodlottige nag en die mees dramatiese hoofstukke van die verhoor op só ‘n manier ineen dat dit soos ‘n spanningsverhaal lees. Tussendeur dié boeiende vertelling is uittreksels uit onderhoude wat Fitzpatrick met van die betrokkenes se naastes gevoer het.
Saam met al die menslike vertellings verskyn daar ook ‘n interessante ontrafeling van die tegniese aspekte van die verhoor: Wat het die ballistiek, die getuienis oor die gille en Oscar se twee verwere uiteindelik vir hom beteken?
Dit word alles geïllustreer met treffende foto’s wat op die toneel geneem is en grafiese voorstellings.
Vendor Information
- Store Name: LekkerLees
- Vendor: LekkerLees
- 5.00 rating from 1 review
-
Maak Tuin Saam Met Keith Kirsten
Vendor: LekkerLees
R60,00 -
Groceries: Stories oor huishoudelike produkte – Harry Kalmer
Vendor: LekkerLees
R35,00 -
First Life – David Attenborough
Vendor: LekkerLees
R60,00 -
Amper Perfek – Salomé Schutte
Vendor: LekkerLees
R28,00 -
Me And Mr Jones – Lucy Diamond
Vendor: LekkerLees
R48,00 -
‘n Voluit lewe ná aftrede – Johan Smit
Vendor: LekkerLees
R35,00