Die Opstand van Poppie Nel – Hans du Plessis

Original price was: R149,00.Current price is: R119,00.

Hierdie is ‘n splinternuwe boeke!

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping via Pudo
  • Bundling per vendor - just add to cart
SKU: MB141 Categories: , ,
Book Condition: Brand New
ISBN: 9780799399899
Book Cover: Softcover
MimiReads

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Die Opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis is ‘n roman wat fokus op die skaamtelose manipulasie en misbruik van vroue deur belangrike rolspelers in die kerk.

Liefde is al wat vir die mens oor is. Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig.

Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel … Nou ja. Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.

Vendor Information