Al wat Adriaan Smith, professor in Engels-letterkunde wil he, is ‘n aand met ‘n goedkoop speurverhaal. Geen vroue, geen partytjie.
In sy hotelkamerstort ontdek hy ‘n beeldskone vrou. En hy raak deel van haar avontuur. Lewensgevaarlik.
Dit word ‘n aand van vlug, en sy gemaklike lewe is daarmee heen. Hy raak verlief op die Italiaanse vrou. Sy groot liefde. En dan verloor hy haar …
Die pyn is ondraaglik. ‘n Jaar lank rou hy oor haar. En dan kan hy nie anders as om vakansie op Barbados te gaan hou nie. Met die een verrassing op die ander. En hy weier om te glo dat die nagmerrie aanhou …