You can only add books from one seller at a time. You will need to place an order from the one seller first before placing an order with another seller.
Die oorspronklike uitgawe van hierdie boek het in 1955 in Duitsland verskyn, en reeds ‘n jaar later is dit in Afrikaans vertaal onder die titel Die klippe het dit uitgeroep. Weldra was die pakkende werk uit die pen van die Duitse wetenskapskrywer Werner Keller ‘n wêreldwye treffer en is miljoene eksemplare daarvan in 24 tale verkoop. Oral – in die lesingsale van universiteite en by samekomste van Bybelstudie kringe, onder gelowiges en ongelowiges – is die opsraakwekkende boek druk bespreek en het dit mense met nuwe oë na die Heilige Skrif laat kyk.