Die baie, baie, baie maklike stap vir stap rekenaarboek 2 is die volgende stap om rekenaars te verstaan, en is die opvolg tot die baie gewilde eerste boek wat op beginners gerig is. Hierdie stap vir stap handleiding is nie bedoel om die rekenaargebruiker ‘n deskundige in ‘n spesifieke program te maak nie, maar dit gee eerder addisionele praktiese wenke en aanwysings sodat die gebruiker bewus word van wat ‘n rekenaar alles kan doen, wat die algemene programme is wat gebruik word, en dit behoort hom in staat te stel om veilig te eksperimenteer en te weet waar om oplossings te vind. Dit bevat meer gebruikersvriendelike inligting oor Microsoft Windows, ekstra inligting oor Microsoft Word, meer inligting oor die gebruik van e-pos en die internet, en dit stel die leser bekend aan Microsoft Excel, Powerpoint en Access, asook ‘n paar handige programme.