This copy of Avonture deur die Bybel is a good-looking secondhand book with some minor signs of shelf wear. Previous owner’s name on a non-essential page.
Alles wat jy nodig het om kinders van God te leer. Dis maklik om voor te berei, gebalanseerd en doeltreffend. Boonop moedig dit kinders aan om die Bybel as ‘n fassinerende en relevante gids vir vandag te beskou. Ja, dis presies wat hierdie 13 lesse behels. Jy sal alles hê wat jy nodig het om kinders tussen die ouderdomme van drie en nege van God te leer – wat dit ‘n perfekte Sondagskoolhulpmiddel maak. Elke les bevat die volgende:
Voorbereiding vir die onderwyser
Noodsaaklike beplanning
‘n Lesplan
Visuele hulpmiddels
Aktiwiteite vir drie ouderdomsgroepe
Fotokopieerbare aktiwiteite vir elke ouderdomsgroep
Daarom word jy uitgenooi: Kom onderneem ‘n avontuur deur die Bybel. Duisende ander in verskillende kerke het dit reeds voor jou gedoen.