Alles Oor Kruie is ‘n verwysingsgids en sluit die algemene kruie soos pietersielie en tiemie in en bevat ook inligting oor Margaret Roberts se gunstelingplante soos katstert en rose. Dit is ‘n sistematiese inleiding tot die kruiewêreld, en verskaf ook inligting oor die medisinale en kosmetiese gebruike van die mees algemene kruie, die gebruik van eetbare kruie in kos, asook die kweek van kruie. Volkleurfoto’s is deurgaans gebruik om identifikasie te vergemaklik.