SHIPPING | ABOUT US | CONTACT US | FOR BUYERS | FOR SELLERS
Description
Die Zinzi en Saffraan-reeks, bestaande uit ses titels, bevat al die regte bestanddele vir ‘n opwindende leeservaring: magiese diere, monsters, avontuur en raaisels wat opgelos word met behulp van wetenskaplike eksperimente.
In haar avonture word Zinzi bygestaan deur haar getroue kat, Saffraan. Elke meisie het immers ‘n kat vir goeie raad nodig! In die eerste boek van die reeks ontdek Zinzi ‘n gloeiende foto en leer sodoende ‘n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is ‘n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?
Vendor Information
- Store Name: MimiReads
- Vendor: MimiReads