Troebel Stroom – Annamarie Scheepers

R25,00

In great condition for a used book. The former owner’s name or other minor markings might be on a non-essential page.

1 in stock

Guaranteed Safe Checkout
Why Buy From Bookle?
  • Free buyer protection
  • Affordable shipping from R69
  • Bundling per vendor - just add to cart
Categories: , ,
Book Condition: Good
Book Cover: Hardcover
Mel's book shack

5.00

(1 Review)

Share with friends:

Description

Die meeste mense het verwag dat Jaco en Mareli maar eendag sal trou.  Hulle was lewenslange vriende wat van kleins af alles saam gedoen het en oral saam gegaan het.  Toe Jaco weg is universiteit toe, was Mareli dwalende tot dit weer vakansietyd was.  Sy het grootoog geluister na alles wat hy te vertelle het en was nooit baie ver van hom af nie.  Tot hy daardie vakansie met Lizette by die huis aangekom het.

Kort daarna het Jaco begin verander.  Hy het elke dag meer en meer in ‘n marionet verander met Lizette wat die toutjies trek.  En toe Lizette vir Mareli daarvan beskuldig dat sy Jaco nie geluk gun nie, was dit die laaste druppel.  Mareli het bedank en op ‘n bus geklim Johannesburg toe.

Toe die bus stilhou om passasiers af te laai op Oewer, die klein dorpie langs die Oranjerivier, besluit Mareli om net daar af te klim.  Kort daarna ontmoet sy die bombastiese Cobus Conradie, voorsitter van byna alles op die dorp, en die enigmatiese Pieter Uys, die donkerkopman met die sterk gesig, die effense grys langs sy slape en die twee groot, vierkntige hande .

Maar Pieter en Saar word telkens in een asem genoem en Mareli aanvaar dat dit sy vrou is.  Dit maak dus nie saak hoe baie sy van hom hou nie, sy moet hom uit haar sisteem kry.  Want Saar is ‘n pragtige, sagte, vriendelike pienk blom wat vreeslik lief is vir haar Pieter.  Al is sy ‘n paar jaar ouer as hy en al het sy nie meer ‘n perdebylyfie nie, is sy steeds die vrou in Pieter se lewe.

En Mareli weier om ooit ‘die ander vrou’ te wees…

Vendor Information

Buyer Protection with Tradesafe

Your payment is securely held by Tradesafe and only released to the seller once you’ve received and accepted your order. This ensures your money is safe until you are satisfied with your purchase.