Sweef En Ander Verhale saamgestel deur Adinda Vermaak en Marieta Nel bevat 30 splinternuwe kortverhale. Die verhale is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).