Mariska Viljoen vlug Drakensberg toe na haar verbreekte verlowing. Sy is in die steek gelaat en van mans wil die jong modeontwerper niks meer weet nie. Maar sy het skaars by die afgelee houthuis aangekom of sy kom agter sy deel dit met die arrogante Christopher Malan. Die glo vas sy het doelbewus hierheen gekom om hom te verlei.
Wegkom kom sy nie. Haar motor is stukkend en boonop is die paaie onbegaanbaar, want dit het toegesneeu.
Christopher, ‘n lektor in geskiedenis, laat haar goed verstaan hoe onwelkom sy is. Hy het in vrede aan sy boek ko werk …
Hulle verduur mekaar, maar mettertyd raak die atmosfeer gemoedeliker. Trouens, na Christopher se warm toenadering verstaan Mariska waarom Neil ‘n ander vrou verkies het.
Beteken die ongekende gevoelens dat sy Christopher liefhet?
Maar met sy hartseer verlede het sy nie rekening gehou nie …